Local newsNewsSchools

Ballies groet skoolhoof na 38 jaar

Juffrou Hanna Buitendag is al vir 20 jaar die skoolhoof by die klipskooltjie wat 229 kaalvoet leerders jaarliks met die hand grootmaak.

Die woorde ‘Laerskool Balmoral’ en ‘Juffrou Hanna’ was altyd in een asem genoem. Onafskeidbaar soos kettie en klip. Sinoniem soos vinkel en koljander. Juffrou Hanna Buitendag is al vir 20 jaar die skoolhoof by die klipskooltjie wat 229 kaalvoet leerders jaarliks met die hand grootmaak.

“Hoe sê mens totsiens en dankie vir iemand wat vir 38 jaar haar lewe gewy het om hierdie skool te vorm tot waar hy vandag is?”

Om die formidabele juffrou se onderwys loopbaan op te som begin ons by Hoërskool Erasmus in 1978.

Dit is dieselfde jaar wat die fliek ‘Grease’ vrygestel is en die liedjie ‘Y.M.C.A’ die lig gesien het, en in Suid Afrika het die boere maar net 12 en ‘n half sent vir diesel betaal.

Vir vyf jaar het sy Wetenskap by Erasmus aangebied.  In 1983 beland Juffrou Hanna by Balmoral en watter aanpassing was dit nie om van ‘n hoërskool na ‘n laerskool te skuif nie en boonop word sy aangestel as die Graad 1 onderwyseres.

Me. Hannah Buitendag.

Juffrou Hanna het soveel grondslag fases gelê en aan duisende jong dromers die boustene gegee om hul drome te verwesenlik.

So het dit gebeur, nadat sy eers Balmoral se water gedrink het kon sy nie weer aanskuif na ‘n volgende skool nie. In 2001 word Juffrou Hanna amptelik aangestel as die hoof nadat sy vir reeds agt jaar haar pligte as die waarnemende hoof nagekom het.

Verskeie toesprake was gelewer om finaal te groet. Die trane het vlak gelê en harte was seer tog was die lug gevul met soveel vreugdevolle herinnering wat nes die kinderhandjies op die vierkant vir altyd ingraveer sal wees.

Juffrou Hanna het gedien as die anker van Balmoral en alhoewel sy nou groet sal haar menswees steeds deur die skool gange en op die speelgrond vereer word.

“Hoe gaan ons sonder hartjie ‘sweeties’ klaarkom? Hoe gaan ons oorleef sonder Juffrou se omgee hart en passie vir jou medemens? Juffrou het altyd vir ons ‘n kompliment gereed om ons harte warm te laat klop. Juffrou se naam beteken nie verniet Genade van God nie. Drie en veertig genadejare in die onderwys en op nog vele genadejare wat elders voorlê kan ons sê: You did it! The sky is the limit! Juffrou Hanna ons salueer jou” was die woorde van hoofseun, Daniël Bierman.

“Nooit gedink die dag sou aanbreek nie. ‘n Warm hart, ‘n geduldige oor en oë wat nooit niks miskyk nie. Ek sal juffrou altyd as my beste hokkieafrigter onthou” was die woorde wat die hoofdogter, Beanè Barnard.

Voorsitter van Laerskool Balmoral se beheerliggaam, mnr. Alf Becker het gesê, “Dankie dat Juffrou ons geleer het van die Bybel. Dankie dat Juffrou meeste van hierdie lyfies geleer lees en skryf het. Dankie dat Juffrou altyd die skool se belange eerste gestel het. Die lys kan aangaan en aangaan”.

Juffrou Hanna het haar kenmerkende woorde in elkeen se hart geskryf  ‘Soli Deo Gloria’ soos elkeen haar met die woorde van ‘Bou in sy Lig’ gesalueer het.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button