Local newsNews

“Seun is jy ‘okay’, mamma weet die lewe is hard…”

Soos elke kind sy ouers soms deur diepe waters sit, is daar niks meer onvoorwaardelik soos die liefde van ’n ma vir haar kind nie en meen sy ma dat jy werklik ’n pragtige seun is.

Die dag toe Richard Gerhardus Schoeman verdwyn het, het sy ouers met hoop geglo dat hul velore seun binnekort sal terugkeer huis toe maar ’n jaar later is daar geen nuus oor die verdwyning nie.

WITBANK NUUS het ’n eksklusiewe onderhoud met die Schoeman gesin gehou met die hoop dat hul geliefde seun dié kreet lees en huis toe keer.

Dit was op 22 Februarie wat die verdwyning van Richard sy gesin tot stilstand geruk het.

“My seun was net voor sy verdwyning deur ’n liefdes teleurstelling en dit het gevolg dat hy terugval op dwelms. Ek het hom voor ons op ’n kamp wegbreek gegaan het, die laaste keer vasgehou en ’n drukkie gegee met die wete dat ek hom weer die Vrydag sou sien…” het sy hartseer ma, me. Demey Schoeman gesê.

Alhoewel die gesin ’n geruime tyd gewag het voor hul hom as vermis by Witbank Polisiestasie gaan aanmeld het, meen sy ma dat sy werklik gedink het dat haar 29-jarige seun na homself sou kyk.

“Ek as ’n ma was al van dag een af bekommerd maar is deur sy pa en sussie bygestaan om nie hoop te verloor nie en begin glo dat hy sou terugkeer. Na ’n maand was ons as gesin siek van bekommernis en het dit aan die polisie aangemeld, weens die COVID-19 pandemie het dit die saak net moeiliker gemaak. Ons het ook die voordeel van hoop gehad dat hy dalk veilig in ’n hawelose skuiling was en dalk net nie ’n manier gekry om ons te kontak nie,” het sy verder vertel.

Soos elke kind sy ouers soms deur diepe waters sit, is daar niks meer onvoorwaardelik soos die liefde van ’n ma vir haar kind nie en meen sy ma dat jy werklik ’n pragtige seun is.

“Hy was my grootste geskenk van bo toe hy in die lewe gebring is. Hy het met al sy foute dié mooiste hart, hy was ons grapjas en het almal altyd agter gelaat met ’n glimlag. Hy het altyd reggestaan om te help. Dit alles na al die hulp vir sy verslawing en tydjie in die tronk, het my seun sy lewe omgedraai en kyk nou waar ons is,” het sy hartverskeurend gesê.

As hy iewers daar buite is, hoop almal vir ’n veilige terugkeer as gevolg van sy moeder se konstante hartseer.

“My seun, kom huis toe. Ons het jou so ontsaglik lief en weet liefde oorwin alles, sê my net of jy ‘okay’ is, asseblief die lewe is hard, ek weet maar kom huis toe. Ons wag vir jou,” het die trane gerol toe sy afsluit.

Back to top button