CrimeLocal newsNews

Is jy seker jou kardeure is regtig gesluit?

Pasop vir daardie mannetjie wat verby jou kar stap sodra jy uitklim!

Die toename in kardiefstal is een van die misdade wat alledaags met voertuigeienaars gebeur, maar wat as jy alles probeer verhoed sodat voorvalle soos dié nie plaasvind nie, maar steeds besteel word gedurende jou winkelbesoek?

Op 2 Februarie het ’n inwoner die slagoffer geword van diefstal, terwyl sy slegs enkele minute in die winkel spandeer het.

“Ek het in die begin van die jaar al begin kla oor die nuutste modus operandi wat skelms nou mee besig is en dis dat hulle jou vandat jy jou kar parkeer het, tot jy hom verlaat, dophou,” het ’n bron aan WITBANK NUUS vertel.

Hy het verder gesê dat die misdadigers so vinnig verby maklike teikens se voertuie loop en sodra die bestuurder uitklim, staan die dief reg om die agterdeur van die voertuig van ‘knip’ af te haal.

“Dis ’n klomp mannetjies wat deel het in hierdie gesteel van ander mense se besittings. Ek is eintlik dankbaar dat dit uiteindelik op kamera vasgevang is,” het hy bygelas.

WITBANK NUUS het voorheen berig oor die ‘car-jamming’ metode wat diewe ook gebruik om toegang tot ’n voertuig te verkry. Dit behels ’n afstandbeheerder wat hul gebruik om die frekwensies van die motor se sein te blokkeer.

Dit voorkom dan dat die motor se sentrale sluit- en alarmstelsel nie geaktiveer word nie, dit is dan hoe die boewe toegang verkry tot ’n voertuig.

“Dit is ongelukkig so dat alle voertuigeienaars kwesbaar is vir kardiefstal of waardevolle besittings wat uit die voertuig gesteel word en is steeds ’n toenemende bekommernis vir ons gemeenskap. Dus moet elke voertuigeienaar eerder doodseker maak alles is in orde voor hul hul voertuig verlaat,” het Witbank Polisie se woordvoerder, kapt. Eddie Hall ten slotte gesê.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

 

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

 

Back to top button