Local newsNews

Vetties, die nuwe “fetish”

Soos die kweek van plante het die idee van verskeie vetplante posgevat in die eienaars van Aqua Vetties se gedagtes en dit alles tydens die inperking....

Onder die inwoners van eMalahleni groei die liefde vir vetplante met ʼn hewige spoed.

Nou kan elke liefhebber ʼn verskeidenheid van die mooi plant in hul tuin hê, te danke aan Aqua Vetties.

Elke laaste en eerste naweek van ʼn maand kan inwoners gerus inloer by Ridge Powerbuild in Reynorif.

Vanaf 08:00 in die oggende tot 13:30 in die middae sal hul beskikbaar wees met allerhande mooi plante, raad en vrae.

As die ‘groenvingers’ gesprek opkom, word daar dadelik ’n uitweg vir beginners deur hul tuinmaak-liefhebbers gegee en dis hoe maklik vetplante groei en verdubbel.

Soos die kweek van plante het die idee van verskeie vetplante posgevat in die eienaars van Aqua Vetties se gedagtes en dit alles tydens die inperking….

“Wanneer jy jou woestynrosie wil vermeerder, knip hom af. As hy reeds geknip is, is dit ook goed. Daardie steeltjie wat agterbly sal weer  uitloop, so moenie hom uit die grond pluk en weggooi nie. Nou sit jy met hierdie plant in jou hand. Pluk die blare ferm, maar nie te hard nie van onder af boontoe los,” het die kenner vertel.

Vir meer inligting en wenke skakel gerus vir Tinus du Toit by 076 052 7473 .

Sien die video hier: Hoekom die liefde vir vetplante so gegroei het.  

GESELS MET ONS

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Webtuiste:  Witbank News

Volg ons op Facebook: Witbank News- Facebook

Deel jou nuuswenke met ons op WhatsApp: 060 866 8682

Instagram WitbankNews001

Twitter @WitbankN

Toep    https://play.google.com/store/apps/details?id=com.witbanknews.android

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button