CrimeNews

Kapings gebeur enige tyd, enige plek

Die slagoffer beweer dat hy by ’n vierrigtingverkeerslig tot stilstand gekom het toe hy verras is deur ’n verdagte wat glo ’n wapen op hom gerig het

Talle kapings is verlede week en die afgelope naweek aangemeld.

Tydens een van die kapings op 29 September is ’n man na bewering gekaap in Watermeyerstraat toe hy van die werk af gekom het.

Die slagoffer beweer dat hy by ’n vierrigtingverkeerslig tot stilstand gekom het toe hy verras is deur ’n verdagte wat glo ’n wapen op hom gerig het.

Daarna het nog drie verdagtes verskyn en met geweld aan die deure gepluk.

Na hul toegang verkry het tot die slagoffer se voertuig, het hulle hom glo agter in sy voertuig gedwing en gery.

Hulle het hom glo beroof van al sy besittings en hom gedreig om sy bankkaart se kode te gee voor hul hom by ’n veld afgelaai het.

WITBANK NUUS het al menige kere berig gelewer oor vier verdagtes wat betrokke is by kapings wat in die eMalahleni area plaasvind.

Geen arrestasies is tot hede gemaak nie, maar word ondersoek deur die polisie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button