Kom kuier saam met Mathys

Het jy al jou kaartjies vir Mathys Roets se optrede môreaand?

Mathys Roets het onlangs sy eerste album in nege jaar bekend gestel.

Hierdie sal waarskynlik Mathys se laaste album wees waarvan daar regte egte CD’s gedruk gaan word.

Hierdie CD’s sal as’t ware niks minder as ’n versamelstuk wees nie – veral siende daar slegs ’n beperkte hoeveel gemaak (en genommer) sal word.

In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie met diepte en warmte gevul.

Wat hierdie album so spesiaal maak, is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf.

Die album bestaan uit 12 liedjies (waarvan 11 nog nooit voorheen deur Mathys opgeneem is nie).

Wat bydra tot die eiesoortigheid van hierdie album, is die feit dat Mathys sy digterlike versamelstukke van die afgelope paar jare intiem met die gehoor deel.

Kom geniet ’n aand van heerlike vermaak in ’n intieme omgewing op 16 Oktober saam met Mathys.

Dié optrede is ’n fondsinsameling ten bate van Elkana Skool.

Kostes beloop R200 per persoon en dit sluit ’n vingerete in.

Jy kan jou eie koelboks saambring.

Slegs 48 mense word toegelaat, so maak seker jy bespreek jou kaartjie vroegtydig.

Die optrede begin 18:00.

Skakel 072 573 2501 om jou kaartjie te bespreek.

 

 

Exit mobile version