CrimeNews

Taxi-geld ná kaping

Met wapens gerig van albei kante was die slagoffer gedwing om die deure oop te sluit en oor te gee aan die booswigte

Die voorval waar ’n taxi-bestuurder die teiken van kapers was het amper lelik uitgedraai toe die verdagtes vuurwapens uitruk.

Op 2 Oktober het die slagoffer op die Bethalpad afgedraai na ’n bekende maatskappy in eMalahleni.

Toe hy tot stilstand kom, merk hy dat ’n swart voertuig hom blokkeer.

Dadelik het hy besef wat besig is om te gebeur en skielik twee swaar gewapende mans sien uitklim by die swart voertuig.

Met wapens gerig van albei kante was die slagoffer gedwing om die deure oop te sluit en oor te gee aan die booswigte.

Gelukkig het die kapers hom geen skade aangedoen nie en boonop vir die slagoffer vervoergeld gegee, maar gevlug met sy taxi.

Die voorval is by Witbank Polisiestasie aangemeld en word verder ondersoek.

 

Back to top button