CrimeLocal newsNews

Rowers ‘kollekteer’ selfone by kerk

Een van die wagte, wat ’n slagoffer in die voorval geword het, het beweer dat ’n verdagte man hom benader het en begin uitvra het oor die sekuriteit van die kerk.

Misdaad in eMalahleni is van so aard dat rowers nie eers twee keer dink waar en wie hulle beroof nie, ná ’n kerk die afgelope week geplunder en beroof is.

Daar word beweer dat ses verdagtes toegesak het op die sekuriteitswagte op diens by ’n plaaslike kerk op 23 Augustus net voor middernag.

Een van die wagte, wat ’n slagoffer in die voorval geword het, het beweer dat ’n verdagte man hom benader het en begin uitvra het oor die sekuriteit van die kerk.

Hy het hom glo op daardie oomblik met ’n vuurwapen gedreig en hom aanbeveel om vir hom toegang te gee na die perseel.

“Toe die gewapende man my begelei na van die res van my kollegas, het ek ewe skielik gesien dat daar nog vyf verdagtes op die toneel verskyn het,” het die wag beweer.

Die verdagtes het glo al die selfone van die slagoffers gevat voor hulle die vensters van die kerk gebreek het om verder te roof.

Hulle kon gelukkig nie daarin slaag om enige iets in die kerk te steel nie omrede een van die wagte alarm gemaak het.

Die verdagtes het van die toneel gevlug met net selfone en niemand is tydens die voorval beseer of gearresteer nie.

Witbank Polisie is steeds besig om die saak te ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button