Local newsNews

Neo Doxa se hart klop vir die gemeenskap

Die projek behels dat inwoners enige donasies van kos tot klere kan bydrae

Die Neo Doxa-gemeente het tydens inperking ’n projek begin vir die honger en minderbevoorregtes in ons gemeenskap.

Die projek behels dat inwoners enige donasies van kos tot klere kan bydrae.

Van blikkieskos tot snoesige komberse is al ingesamel vir die minderbevoorregtes in die gemeenskap van eMalahleni.

Die afgelope week het die gemeente almal bedank vir hul bydrae tot nou en dat elke mens wat gehelp het werklik ’n verskil gemaak het in die armoede wat ons gemeenskap tans beleef.

Op 17 Augustus het die gemeente op sosiale media hul dank en eer aan God gegee wat leiding gee vir dié projek wat ’n verskil maak.

Vir enige donasies of verdere inligting oor die AGS Neo Doxa #Hartklop-projek, kan 082 809 0211 geskakel word.

Back to top button