Local newsNews

Eienaar van Rent A Drum oorlede

Aan al sy getroue en lojale kliënte wat hom vir baie jare ondersteun het, wil die familie graag bedank vir hulle getroue ondersteuning

Corrie Koekemoer, ’n alombekende persoon in die plaaslike gemeenskap en eienaar van Rent A Drum is Woensdag, 24 Junie oorlede.

Hy het hierdie besigheid 33 jaar gelede begin in die destydse Witbank.

“Ons kan met trots sê dat dit ‘n groot suksesverhaal is en hy was beslis die outeur van hierdie boek,” het sy vrou, Louryn gesê.

Aan al sy getroue en lojale kliënte wat hom vir baie jare ondersteun het, wil die familie graag bedank vir hulle getroue ondersteuning.

“Ek wil ook elke kliënt verseker dat ek gaan voortbou op die goeie diens wat hy aan die publiek van eMalahleni gelewer het en gaan probeer om in sy voetspore te volg. Die tuindienste en vullisverwydering gaan alles voort soos voorheen, niks verander nie.”

“Laastens wil ek net noem dat eMalahleni ’n stad is met baie infrastruktuur probleme, water elektrisiteit en slaggate maar die positiewe van eMalahleni is dat dit ‘n stad is met mense met harte van goud wat die ekstra myl vir sy medemens sal loop. Dankie vir elke sms, boodskap, telefoonoproep wat ek en my seuns ontvang het. Ons harte loop oor want ons besef hoe geliefd hy in eMalahleni was en hy gaan beslis ‘n groot leemte hier los.”

Alle kliënte wat elektroniese oorbetalings gedoen het en die met debietorders moet Louryn kontak op 082 857 7375 vir die nuwe bankbesonderhede.

Back to top button