CrimeLocal newsNews

Oprit-moordenaars bly in aanhouding

Peet Swanepoel is sowat nege maande gelede in die oprit by sy huis in Del Judor deur rowers doodgeskiet.

Die Swanepoel-familie sukkel steeds om die dood van hulle geliefde man en pa, Peet Swanepoel te verwerk.

Swanepoel is sowat nege maande gelede in die oprit by sy huis in Del Judor deur rowers doodgeskiet.

Enkele dae na die moord op 28 Augustus verlede jaar is vier verdagtes op 5 September gearresteer op aanklagte van moord en is in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is op 2 September deur sy ouers oorgegee aan Witbank polisie.

Op Donderdag 21 Mei het die verdagtes weer in Witbank Landdroshof verskyn waar hulle borgaansoek uitgestel is as gevolg van die inperkingsperiode.

“Die verdagtes is nie eers hof toe geneem vir die uitstel nie, maar was op kamera afgeneem om deel te wees van die uitstel-proses,” het Annelize, Peet se weduwee, gesê.

Dit is nog nie bekend wanneer die saak sal voortgaan nie.

Annelize is ook tydens die voorval aangerand en die rowers het haar gedreig dat hulle haar kleinseun sal seermaak as sy nie vir hulle gee wat hulle soek nie.

Sy het die gemeenskap bedank vir al die ondersteuning wat sy tot dusver ontvang het.

“Sonder al die mense se omgee, liefde en gebede weet ek nie hoe ek staande deur die tyd sou gaan nie,” het sy gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button