NewsSchools

Plaaslike skole reeds van hoek tot kant skoongemaak

Verskeie skole in eMalahleni is reeds gereinig en reg vir leerders om op 1 Junie terug te keer.

Die hervatting van die skooljaar volgende week gaan die grootste toets wees vir skole.

Minister van basiese onderrig, Angie Motshekga, het bekend gemaak dat leerders in fases na skole sal terugkeer.

Op 1 Junie sal die graad sewes en  matrieks terugkeer.

Die burgerregte-organisasie AfriForum en AfriForum Jeug het hulppakkette vir skole wat nie hulp van die staat ontvang om skole higiënies gereed te kry vir wanneer die skole weer heropen vir leerders, beskikbaar gestel.

Die pakkette bestaan uit ‘n inligtingstuk vir die hoof oor die Covid-19 epidemie, hulpbron gidse vir onderwysers, leerders en ouers, ‘n elektroniese koorsmeter, staander met handreiniger, botteltjies handreiniger  vir leerders, klaskamer plakkate met higiëniese maatreëls vir leerders en maskers met ‘n maklike ‘self maak maskerpatroon.

Die pakket is geskik vir hoërskole, laerskole en kleuterskole.

In eMalahleni het Laerskool Panorama en die Hoër Tegniese Skool reeds hul pakkette ontvang en is die skole deur AfriForum gereinig.

Die plaaslike munisipaliteit se brandweer was ook gister en vandag besig om skole te reinig.

Hoërskool Generaal Hertzog, Robert Carruthers en Carissa Privaatskool is ook sommer heeltemal kiemvry nadat die brandweer reiniger gespuit het.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button