CrimeLocal newsNews

Fourie-mesdood – verdagtes verskyn in Junie

Me. Santie Radley se skouers ruk terwyl die trane oor haar wange stroom en op haar seun Johan Fourie se fotoraam drup. Haar kneukels span styf terwyl sy die raam vasklem. Dit was oor dieselfde hande wat haar seun se bloed gestroom het terwyl sy, sy lewelose liggaam vasgehou het.

’n Ma van Ga-Nala verloor haarself tussen foto’s en herinneringe.

“Asemhaal is moeilik, ek verstik in hartseer en trane. Daar is net ’n ongemaklike stilte in my chaos, terwyl ek probeer om my lewe te herrangskik sonder my seun.”

Me. Santie Radley se skouers ruk terwyl die trane oor haar wange stroom en op Johan Fourie se fotoraam drup. Haar kneukels span styf terwyl sy die raam vasklem. Dit was oor dieselfde hande wat haar seun se bloed gestroom het terwyl sy, sy lewelose liggaam vasgehou het.

Op 1 Mei 2019 het dié gesin se hel begin.

Fourie het daardie aand 23:30 by die geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop. Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het. Die materiaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder handskud. Dan stop ’n wit Volkswagen Polo op die toneel en dinge neem ’n drastiese wending.

Mnr. David Mokoena wat saam met Fourie gewerk het, het gesien hoe die mans in die Polo stop, uitklim en met Fourie begin baklei. Hy het probeer om sy vriend te beskerm deur oor hom te buk. Mokoena is sewe keer raak gesteek tydens die voorval. Fourie is tydens die bakleiery noodlottig gewond.

Kort na die moord is drie verdagtes gearresteer. Tydens hul laaste verskyning het hulle prokureur uitstel gevra wat die landdros toegestaan het. Hulle verskyn weer op 25 Junie.

Back to top button