Local newsNews

Watch: ‘Die Engelse maak so, die boer maak so’

Sy oë is op skrefies getrek, want hy kan die boer skaars uitmaak waar hy in sy kakieklere met die natuur saamsmelt

Die een wat gesê het geskiedenis is vervelig, het die pot heeltemal misgesit.

Maar as jy nou ’n geskiedenisles wil sien wat jy nooit sal vergeet nie, moet jy kyk hoe die 10-jarige Dewaldt Pretorius sy weergawe van ’n veldslag vertel.

‘n Sosiale media-inskrywing oor dié bekkige seun het onlangs weer kop uitgesteek en soos ‘n veldbrand versprei.

Stel jouself voor jy sit op ’n randjie, die son brand koelbloedig op jou neer, dit is so warm selfs die ou veldblommetjies se koppies hang.

Die voorlaaier en Sanna is slaggereed vir die geveg om te begin.

Skielik is daar ’n beweging en dan is daar ’n Brit in ’n helderrooi baadjie.

Sy oë is op skrefies getrek, want hy kan die boer skaars uitmaak waar hy in sy kakieklere met die natuur saamsmelt.

Met handgebare probeer die Brit en boer vasstel hoe sake tussen hulle staan.

Volgens Dewaldt se vertelling, word die handgebare van die gesprek totaal verskillend geïnterpreteer.

Sy ma, Elana Pretorius, sê: “Dié video-opname is ’n jaar terug tydens my ma se 86ste verjaarsdag in Gauteng gemaak. Ons was almal daar vir die geleentheid toe Dewaldt skielik lostrek en die veldslag in sy eie woorde oorvertel.”

Elana se broer, Tertius Pretorius, het die video op sosiale media geplaas en vandaar het dit soos ’n veldbrand versprei.

Dewaldt verduidelik waar hy aan dié storie gekom het: “Ek het dit by my boetie, Zander, gehoor toe hy van ’n skool-ontgroeningskamp afgekom het. Ek het dit woord-vir-woord onthou en kon nie wag om dié grappie met my familie by my ouma se verjaarsdag te deel nie.”

Elana sê haar seun is gebore om op die verhoog te wees, “Dewaldt neem deel aan Eisteddfod en hy geniet dit om mense te vermaak. Hy het ’n natuurlike manier om mense se aandag vas te vang, te hou en hulle te laat lag met sy sêgoed. Dewaldt se grootste droom is om op die kassie te verskyn en hy was al vir vele advertensie-oudisies.”

Dewaldt is ‘n leerder by Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand is en sê dié lang vakansie is al wat hy nodig het om nog meer boeke te verslind om sy honger na veral geskiedenis, te stil.

“Ek mis my maatjies, maar nie die skoolwerk nie,” het hy gesê.

Tydens inperking laat dié vertelling van Dewaldt die land vir ‘n wyle van die pandemie vergeet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button