Begin die jaar met praktiese wenke

Maak seker jy weet waar jou spaarwiel en domkrag gebêre word

Die dames van die Vroue Landbou-unie Soirée-tak het die jaar met ’n handige werkswinkel afgeskop.

JJ Maritzen Renier Verwey van ACD Witbank het die dames touwys gemaak oor hoe om ’n wiel op die regte en veilige manier te ruil asook hoe gemaak as jy ’n battery het wat onklaar geraak het.

Hier is ’n paar wenke vir wanneer jy met ’n pap wiel gaan staan:

1. Trek af op ’n veilige plek.
2. Sit jou gevaarligte dadelik aan.
3. Haal jou rooi drie-hoek uit en sit dit ongeveer 15m agter jou kar neer.
4. Maak seker jy weet waar jou spaarwiel en domkrag gebêre word.
5. Verseker dat jou handrem opgetrek is en dat die motor op ’n gelyke oppervlak staan.
6. Bakkies en motors met ’n soliede leer¬raam kan op enige deel van die raam opge¬lig word, maar die meeste motors het deesdae kepies naby die wiele waar¬teen die domkrag gedruk moet word. Hierdie kepies word dikwels met ’n pyltjie aan¬gedui.
7. Maak eerste die wielmoere effens los voor jy die motor lig en draai dit eers weer behoorlik vas voor jy die motor weer laat sak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version