Local newsNews

Motorfietse – boewe se voorkeer

Die verdagte wat in verband met die misdaad in hegtenis geneem is, is glo al twee keer vantevore ook gearresteer maar na ’n paar weke weer op straat is

Die afgelope twee weke is daar meer as vier motorfietse in on midde gesteel, alhoewel meeste van die motorfietse op kleinhoewe gesteel word moet inwoners in die residensiële gebiede ook maar paraat wees.

Op 27 November was Jan Badenhorst ’n slagoffer van die soort diefstal toe ’n dief in die nag sy twee motorfietse gesteel het.

“Die oggend vroeg het ons buurman ons gebel om ons in kennis te stel oor ons draad wat geknip is. Met verdere ondersoek het ons agtergekom die elektriese heining is geknip en ons seun se kamervenster was gebreek,” het Badenhorst vertel.

Die gesin bere gewoonlik hulle motorfietse in die gang juis oor die tipe diefstal en juis omdat hul nie deure voor hul karparkering het nie.

“Hulle het altwee die ‘bikes’, twee televisies, rekenaars, naaldwerk masjien en my seun se radio gesteel. Selfs ons halwe sak toilet papier. Hulle het alles in die sitkamer en kombuis gelos,” het Badenhorst bygevoeg.

CSC Tacticle was in enkele minute op die toneel waar hulle die gesin gehelp en spore bly volg het.

“Die polisie het hulle papier werk kom doen en weer gery. Die vinger afdruk mense het gekom en net een afdruk gekry van ’n flitse af wat ons in die veld gekry het,” he thy ook gesê.

Na die gesin gery het om ’n familielid te gaan aflaai het CSC hul in kennis gestel dat hul wel hul gesteelde goedere gekry het in ’n lokasie en dat die gesin al hulle besittings moet gaan uitken.

“Hulle het my skoene in hulle kar gehad en ons rekenaar se sleutelbord wat hulle af geknip het. Ons toe foto’s gewys van komberse wat hulle op ’n vrou se bed afgeneem het en dit was ons s’n,” het hy vertel.

Die verdagte wat in verband met die misdaad in hegtenis geneem is, is glo al twee keer vantevore ook gearresteer maar na ’n paar weke weer op straat is.

In ’n ander voorval het ’n inwoner die oggend van 7 Dersember wakker geword en gesien dat helfte van sy muur afgebreek is.

Hy het ook opgelet dat sy enigste ry ding skoonveld is.

“Daar was die vorige dag twee manne wat in ons area rond geloop het en vir kwaadgeld gesoek het en wragtig daardie aand toe steel hulle my motorfiets. Dit is al ryding wat ek het en het hom ook nou onlangs klaar betaal. Die kwaaddoeners los ons net met skade en ’n gesukkel,” het die inwoner ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button