Wenke om troeteldiere kalm te hou gedurende die ‘vuurwerk’ seisoen

Maak seker dat jou troeteldier ’n naambandjie dra, omdat diere geneig is om weg te hardloop wanneer hulle skrik

Troeteldiere wat bang is vir donderstorms is geneig om bang te wees vir enige skielike en harde geluid soos vuurwerke.

Die regte voorsorgmaatreëls kan jou vierpootkind dalk net rustiger hou die feesseisoen.

Die Dierebeskermingsvereniging het die volgende maatreëls uitgereik wanneer vuurwerke geskiet word:

Maak seker dat jou troeteldier ’n naambandjie dra, omdat diere geneig is om weg te hardloop wanneer hulle skrik.

Gaan na jou veearts ek kry vir jou troeteldier ’n kalmeerpilletjie.

Indien moontlik, bly tuis. As jy nie tuis kan wees tydens ’n vuurwerkvertoning nie, sit jou diere in ’n veilige, toe vertrek.

Maak die gordyne toe en sit jou radio aan wanneer vuurwerke afgevuur word.

Omring jou troeteldier met bekende items, soos speelgoed en kussings.

Gee vir jou troeteldier ʼn gesonde ete om hom lomerig te maak.

Vra jou veearts vir raad.

Noodnommers om te hou:

President Dierekliniek – 076 4127 453
Witbank Dierehospitaal – 013 697 0078
Klipfontein Dierekliniek – 013 692 7040
Witbank DBV – 083 657 2421

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version