Vurige debat oor vuurwerke

Alhoewel daar op die ou einde oral vuurwerke afgevuur is, voel inwoners dat hulle geen beheer het oor die situasie nie

Dit is daardie tyd van die jaar waar alle inwoners hulself regmaak vir die feesseisoen wat op ons wag, maar as dit kom by die implementering van vuurwerke, is dit alles behalwe feeslik vir sommige inwoners.

Die feit dat die plaaslike munisipaliteit van Emalahleni vuurwerke in sommige areas goedgekeur het kan geen inwoner blind staar nie.

“Ek persoonlik is woedend oor die feit dat vuurwerke vir die tweede jaar in ’n ry goedgekeur is. Wat word van ons stad en wat word van ons troeteldiere wat onder hierdie simpel goedkeuring van vuurwerke moet ly,” het Anicka Lubbe woedend vertel na sy die nuus gehoor het.

In 2018 is vuurwerke vir die eerste keer goedgekeur maar net in sekere gebiede in en rondom eMalahleni.

Alhoewel daar op die ou einde oral vuurwerke afgevuur is, voel inwoners dat hulle geen beheer het oor die situasie nie.

“Dit sal vir ons almal die beste wees as dit onwettig bly dan kan ons almal is rus en vrede die nuwe jaar instap,” het Lubbe bygelas.

WITBANK NUUS het aan die munisipale woordvoerder mnr. Lebo Mofokeng gevra oor die moet en moenies asook in watter gebiede dit goedgekeur is maar kon geen terugvoer kry voor druktyd nie.

Alhoewel die bywette op vuurwerke stipuleer dat daar geen vuurwerke in residensiële gebiede geskiet mag word nie.

In 2018 is sekere areas as die geklassifiseerde areas bestempel waar inwoners net op sekere datums vuurwerke mag gevuur het.

Inwoners sal dadelik in kennis gestel word sodra die plaaslike munisipaliteit die areas bekend maak met ’n amptelike persverklaring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version