Local newsNews

Veiligheidswagte lewe en werk in vrees

Die veiligheidswag aan diens het by ʼn plaaslike snoepwinkel in Hans Strydomlaan gestop toe hy uit die bloute met ’n vuurwapen gedreig en van sy dienspistool beroof is

Nog ’n sekuriteitswag is van sy vuurwapen beroof terwyl hy onskuldig gepatrolleer het tydens sy nagskofdiens.

WITBANK NUUS het al verskeie kere brig gelewer oor die feit dat veiligheidswagte beroof of vermoor word vir niks meer as die vuurwapens waarmee hulle uitgereik is nie.

Maandagaand, 25 November was dit nie veel anders vir ’n sekuriteitswag toe hy glo deur mans in ’n blou Volkswagen Polo oorval en beroof is nie.

Die veiligheidswag aan diens het by ʼn plaaslike snoepwinkel in Hans Strydomlaan gestop toe hy uit die bloute met ’n vuurwapen gedreig en van sy dienspistool beroof is.

’n Lid van die publiek het die voorval sien plaasvind en ingeroep op die South African Community Crime Watch (SACCW) se oop kanaal op Zello waarop reaksielede na die toneel gehaas het en die SAPD ontbied het.

Dit wil voorkom dat hierdie soort voorvalle die norm geword het in eMalahleni waar veiligheidswagte, veral enkel-waglede met ’n vuurwapen keer op keer in ons stad beroof word.

“Ons moet die vraag vra, wat gaan die veiligheidsmaatskappye doen om veiligheidsmaatreëls in plek te stel vir hul werknemers? Nog ’n dag, nog ’n vuurwapen in die verkeerde hande…” het ’n omstander op die toneel gevra.

Daar is ’n saak van die roof van ’n vuurwapen by Witbank Polisiestasie geopen en word tans ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button