Hardwerkendes se beloning is rowers se brood en botter

Die vier gewapende rowers binne het met ’n onbekende bedrag kontant gevlug, asook met een van die werkers se selfone terwyl ’n ander verdagte buite die besigheid gewag het

Besighede in en rondom die stad het ’n ewige stryd teen booswigte wat keer op keer toeslaan om hardwerkende besigheidseienaars en werkers te beroof.

“Dit sal nou die vyfde keer in ses jaar wees dat misdadigers ons besigheid teiken en verrig elke keer net meer en meer skade. Daar was al drie rooftogte binne in die besigheid self en dan ook twee wat plaasgevind het by die ingang,” het mnr. Piet van Dyk van dié beroofde besigheid gesê.

Daar was volgens hom altesaam vyf gewapende verdagtes waarvan vier van hulle hulself voorgegee het as kliënte toe hul die besigheid binnegegaan het, “die hele voorval het binne drie tot vier minute plaasgevind en het ek eers daarvan te hore gekom toe een van die kassiere agtertoe storm en histeries vertel wat gebeur het,” het van Wyk gesê.

Die vier gewapende rowers binne het met ’n onbekende bedrag kontant gevlug, asook met een van die werkers se selfone terwyl ’n ander verdagte buite die besigheid gewag het.

“Wat my hartseer maak is dat die rowers nie dink aan hul medemens nie en meer psigiese skade aanrig aan die slagoffers wat betrokke is. Die een rower het die kassier oor die kop geslaan met sy vuurwapen maar darem sterk sy goed aan,” het hy bygelas.

Van Dyk het ook gesê dat die South African Community Crime Watch (SACCW) enkele minute na die voorval op die toneel gekom en gehelp het om die nodige dienste te ontbied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version