Local newsNews

Mesdood-saak uitgestel tot Februarie

Fourie het omstreeks 23:30 by die geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop. Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het

Oral in die winkels hang Kersversierings, maar me. Santie Radley sien dit nie raak nie.

In plaas daarvan dat sy opgewonde na Kersfees uitsien bloei haar hart.

“Ons moet sonder Johan wees met sy einde van die jaar werkfunksie wat hy elke jaar vir sy werksmense gehou het, sonder hom wees Kersdag, sonder hom wees op 24 Januarie wanneer hy dan 33 jaar oud sou wees,” het Radley hartseer gesê.

Fourie is op 1 Mei doodgesteek na ’n onderonsie by ’n plaaslike geriefswinkel in Ga-Nala.

Fourie het omstreeks 23:30 by die geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop. Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het.

Die materiaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder handskud.

Dan stop ’n wit Volkswagen Polo op die toneel en dinge neem ’n drastiese wending.

Tydens ’n bakleiery wat glo tussen Fourie en die insittendes van die Polo plaasgevind het, is hy doodgesteek.

Die verdagtes in die moordsaak het weer op 11 November in Kriel Landdroshof verksyn.

Dié saak is uitgestel tot 27 Februarie vir ’n streekhofdatum.

Back to top button