Local newsNews

Padwoede-voorval, drie verskyn weer in Desember

Bierman en De Beer se paspoorte is aan hulle teruggegee omdat hulle na sakebelange oorsee wil gaan omsien

Mnre. Johannes Jacobus Viljoen, Pieter de Beer en Hanno Bierman gaan vroeg in Desember weer verskyn.

Die driestuk word daarvan verdink word dat hulle ’n egpaar erg beseer het tydens ’n padwoede-voorval op 20 Julie.

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord en het weer op 5 November in Witbank Landdroshof verskyn.

Dié saak is vir 5 Desember oorgeplaas streekhof toe om ’n verhoordatum vas te maak.

Bierman en De Beer se paspoorte is aan hulle teruggegee omdat hulle na sakebelange oorsee wil gaan omsien.

Dit gaan beter met mnr. Willem en me. Santie Potgieter nadat hulle lewe daardie aand onherroeplik verander het.

Hulle is aangerand nadat mnr. Potgieter toeter geblaas het vir die bestuurder van ’n Dodge Ram bakkie wat blykbaar ’n rooi verkeerslig verontagsaam het.

“Die bestuurder van die bakkie het glo omgedraai en vir Willem en Santie begin volg, hulle van die pad af probeer druk en keer op keer in die bakkie se passasierskant vasgery,” het mnr. Lourens Potgieter, mnr. Potgieter se broer gesê.

“Toe die bakkies tot stilstand kom het Willem uitgeklim en ’n waarskuwingskoot in die grond ingeskiet. Drie van die mans in die bakkie het uitgeklim en Willem oorrompel. Santie se deur kon nie oopmaak nie en sy moes toekyk hoe haar man vir ongeveer 45 minute genadeloos aangerand word.”

Me. Potgieter was ook gedurende die voorval glo aangerand. Hulle albei kry traumabehandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button