NewsSchools

HGH se boogskuts skitter

By hierdie geleentheid was daar om en by 700 skuts vanoor Suid-Afrika en HGH se Owen Trachsel was algeheel vyfde

Hoërskool Generaal Hertzog se boogskietspanlede wat in die Mpumalanga-span is het die afgelope vakansie deelgeneem aan ’n Interprovinsiale kompetisie wat gehou was by Cambridge Academy.

HGH se 3D-span was algeheel derde, Nicolene Cawood was eerste van die meisies en ook algeheel derde.

Per graad was Nicolene Cawood eerste, Marla Maree derde en Owen Trachsel was eerste.

By hierdie geleentheid was daar om en by 700 skuts vanoor Suid-Afrika en HGH se Owen Trachsel was algeheel vyfde.

“Baie geluk aan elkeen van die boogskuts wat uitstekend gevaar het. Baie dankie ook aan Cambridge Academy se fantastiese fasiliteite wat hulle vir die boogskiet beskikbaar stel,” het die HGH personeel gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button