CrimeLocal newsNews

Padwoede-saak uitgestel

Drie van die vier mans in die bakkie het uitgeklim en Willem oorrompel

Die drie mans wat daarvan verdink word dat hulle ’n egpaar erg beseer het tydens ’n padwoede-voorval het vroeër die week in Witbank Landdroshof verskyn.

Mnre. Johannes Jacobus Viljoen, Pieter de Beer en Hanno Bierman het Dinsdag, 1 Oktober skuins voor middagete vlugtig in Witbank Landdroshof verskyn. H

ulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord.

Die saak is uitgestel tot 5 November vir ’n streekshofbeslissing.

Vir mnr. Willem en me. Santie Potgieter is hierdie hofsaak net een treetjie op die pad na herstel.

Hulle lewe het onherroeplik verander toe hulle op 20 Julie omstreeks 21:15 op pad terug is huis toe na ’n ete by ’n plaaslike restaurant.

Mnr. Lourens Potgieter, wat namens die familie as spreekbuis optree het gesê sy broer en skoonsuster is nog baie getraumatiseerd na die voorval.

Hy het die gebeure van die aand geskets.

“Vier mans in ’n Dodge Ram bakkie het glo ’n rooi verkeerslig verontagsaam en my broer het sy toeter gedruk. Die bestuurder van die bakkie het glo omgedraai en vir Willem en Santie begin volg, hulle van die pad af probeer druk en keer op keer in die bakkie se passasierskant vasgery,” het hy gesê.

Toe die bakkies tot stilstand kom het Willem uitgeklim en ’n waarskuwingskoot in die grond ingeskiet.

Drie van die vier mans in die bakkie het uitgeklim en Willem oorrompel.

Santie se deur kon nie oopmaak nie en sy moes toekyk hoe haar man vir ongeveer 45 minute genadeloos aangerand word.

Volgens Potgieter is Santie ook aangerand.

Die vierde man wat ook die aand in die bakkie was, is nog nie gearresteer nie.

Potgieter het gesê alhoewel Willem uit die hospitaal is, is daar nog skade.

Hy is van balans af en het nog harsingskudding na die aanval.

Beide hy en Santie ontvang traumabehandeling.

Mnr. Johan van Staden het namens Bierman, Viljoen en De Beer opgetree.

Mnr. Deon Venter gaan die Potgieters verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button