Krane sonder water lei na klagtes en trane

Na verdere inligting verkry is oor hierdie aangaande probleem, het dit aan die lig gekom dat die munisipaliteit ’n dowe oor gooi aan elke inwoner wat tyd vat om na die munisipaliteit te gaan om uit te vind

Waterprobleme is al ’n afgesaagde storie vir elke iedere inwoner van eMalahleni want kla, soebat en smeek werk nie, asook nie munisipale werkers nie.

“Dit gaan nou al aan vir drie weke… As ons nie water deur die dag het nie, kan ons gelukkig wees as ons water in die oggendure het, maar as ons nie water dan het nie, het ons net nie water nie,” het ’n moedelose inwoner van Reynorif, me. Susanna Bardenhorst aan WITBANK NUUS vertel.

Na verdere inligting verkry is oor hierdie aangaande probleem, het dit aan die lig gekom dat die munisipaliteit ’n dowe oor gooi aan elke inwoner wat tyd vat om na die munisipaliteit te gaan om uit te vind.

“Ek was in die afgelope drie weke elke liewe week daar waar hulle my net verwys van een persoon na die ander en as jy hulle bel, dan bly die telefoon net lui aan die anderkant,” het Bardenhorst ook bygelas.

Wat inwoners ongelooflik moedeloos maak is die feit dat die redes vir die waterprobleem net nie sin maak nie en dat elke boodskap aan die inwoners blatant dieselfde is.

“Die vraag na water is groter as die hoeveelheid water wat daagliks skoongemaak kan word. Solank die aanvraag so groot is en die herwinningsaanleg opgegradeer word, sal die probleem nie opgelos word nie,” het ’n boodskap gelei van ’n raadslid van Ben Fleur en Reynorif.

Wat die munisipaliteit aanbetref, was nog geen verklaring aan die inwoners gegee nie.

Exit mobile version