CrimeLocal newsNews

Vermoorde man se vrou sterk aan

Die gemeenskap het dadelik hande saamgesit om te verseker dat die Swanepoel-gesin deur hierdie moeilike tyd bygestaan sal word

Die gewapende huisroof wat die lewe van die geliefde mnr. Peet Swanepoel geëis het, het skokgolwe oor eMalahleni gelaat.

WITBANK NUUS het op 28 Augustus berig gelewer oor hierdie tragedie wat in ’n stil buurt afgespeel het.

Me. Annelize Swanepoel, die oorledene se vrou is gedurende die rooftog aangerand en is gehaas na die hospitaal waar dit na vele skanderings aan die lig gekom het dat sy dringende mediese sorg benodig, maar ongelukkig nie die nodige fondse gehad het nie.

Die gemeenskap het dadelik hande saamgesit om te verseker dat die Swanepoel-gesin deur hierdie moeilike tyd bygestaan sal word.

Op 29 Augustus het daar ’n ‘engel’ dokter aangebied om Annelize te help en het na die operasie laat weet dat alles goed verloop het.

“Dit is wonderlik om te kan sê dat Annelize vanoggend regop sit terwyl sy haar ontbyt eet,” het die anonieme dokter gesê.

Daar is ook verder gestipuleer dat slegs onmiddellike familielede haar kan gaan besoek omdat sy nog baie rus nodig het.

“Ek sê net vreeslik dankie vir almal se gebede en ondersteuning, ek is verby dankbaar,” het Annelize die gemeenskap bedank.

Op 31 Augustus het die gemeenskap hul respek aan die familie betoon deur ’n vreedsame staptog tot by die familie se huis.

Hordes inwoners het blomme voor die huis neergesit en gesimpatiseer.

Tussendeur die hartseer het daar ook goeie nuus op 2 September gekom toe me. Swanepoel uit die hospitaal ontslaan is en dat sy intussen goed aansterk by die huis.

Back to top button