CrimeLocal newsNews

OPVOLG: Vier verdagtes vas na die moord op Peet Swanepoel

’n Uitkenningsparade vind vandag by die polisiestasie plaas

Vier verdagtes is vroeër vandag (Donderdag, 5 September) gearresteer na die moord op mnr. Peet Swanepoel.

’n Uitkenningsparade vind vandag by die polisiestasie plaas.

Dit het aan die lig gekom dat een van die verdagtes op 2 September deur sy ouers oorgegee is aan Witbank Polisiestasie.

Daar word beweer dat dié verdagte al voorheen betrokke was by ’n moord.

Mnr. Peet Swanepoel is op 28 Augustus tromp-op in sy erf doodgeskiet deur rowers, wat sy vrou kort tevore in die huis oorval en aangerand het.

Die egpaar se vierjarige kleinseun was ook by die huis te midde van die voorval.

Die wapens wat uit die Swanepoel-huis gesteel is, is ook teruggevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button