CrimeLocal newsNews

Mesdood-saak uitgestel

Tydens ’n bakleiery wat glo tussen Fourie en die insittendes van die Polo plaasgevind het, is hy doodgesteek

Die drie verdagtes wat vroeër die week in Kriel Landdroshof verskyn het na die mesdood van Johan Fourie in Mei, se saak is uitgestel.

Die mans het Dinsdag 13 Augustus vlugtig verskyn.

Die saak spruit uit ’n voorval op 1 Mei toe die 32-jarige Johan Fourie doodgesteek is na ’n onderonsie by ’n plaaslike geriefswinkel.

Fourie het omstreeks 23:30 by die geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop. Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het.

Die materiaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder handskud.

Dan stop ’n wit Volkswagen Polo op die toneel en dinge neem ’n drastiese wending.

Tydens ’n bakleiery wat glo tussen Fourie en die insittendes van die Polo plaasgevind het, is hy doodgesteek.

Fourie se ma, me. Santie Radley het met ’n swaar gemoed uit die hof uitgestap, “Ek is so verbitterd. Ek is so intens verbitterd.”

Die Radley-gesin moet nou wag vir 4 September vir die verdagtes om weer te verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button