Local newsNewsSchools

HGH domineer die danswêreld in eMalahleni

Die dansers het in verskeie genres deelgeneem en een van die sterre was Zoë Kemp

Die Artium-seisoen is nou in volle swang en die eerste afdeling waar hoërskoolleerders die geleentheid het om op die verhoog op te tree was die dansafdeling.

Die afgelope naweek het menige toekomstige vermaaklikheidsterre hulle passies ten toon gestel en dit was soos elke jaar ’n hoogtepunt waar HGH leerders veral baie goed gevaar het.

Die dansers het in verskeie genres deelgeneem en een van die sterre was Zoë Kemp.

Zoë was verlede jaar die wenner van die afdeling en het ook die gesogte bestuurstrofee gewen.

Sy presteer baie goed en ontvang diplomas in agt genres.

Keratilwe Bikitsha is ’n jong opkomende graad nege leerder en verdien ook diplomas in al haar genres.

Naledi Mashego ontvang vyf goue sertifikate en een diploma.

Hertzog sien uit na die res van die Artium-seisoen en is as ʼn puik kultuurskool verseker van nog uitnemende prestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button