Local newsNews

Gooi duim, dan beroof

Die verdagte het vir hom gesê om al sy besittings te oorhandig en hy het sy baadjie en selfoon aan hulle gegee

’n Man wat duimgegooi het, was een van die ongelukkige slagoffers van misdaad.

Hy het aan die Witbank Polisie vertel dat hy omstreeks 20:30 op Sondag 11 Augustus duimgegooi het na die Sentrale Besigheidsdistrik.

’n Voertuig het hom opgelaai met drie insittendes.

Hulle het glo met hom gery na ’n pakhuis toe een man ’n vuurwapen uitruk en in die slagoffer se rigting wys.

Die verdagte het vir hom gesê om al sy besittings te oorhandig en hy het sy baadjie en selfoon aan hulle gegee.

Terwyl hy uit die kar gegooi is, het hy een van verdagtes se selfoon gegryp, maar die mans is inderhaas daar weg.

Geen arrestasies is gemaak nie en die saak word tans steeds ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button