NewsSchools

Kolskoot vir HGH

By Hoërskool Generaal Hertzog skiet leerders met baie gesofistikeerde lugpistole

Skiet, en veral pistoolskiet is ‘n baie tegniese sport wat ure se oefening en konsentrasie verg.

By Hoërskool Generaal Hertzog skiet leerders met baie gesofistikeerde lugpistole.

By verskeie streekskietkompetisies het Hertzog koning gekraai en die eerste, tweede en derde plekke ingepalm.

HGH is ook baie trots op die leerders wat gekies is vir die Mpumalanga-span.

Van die 18 lugpistoolskuts wat gekies is vir die Mpumalanga-span is 12 skuts Hertzogiete.

Ses van hierdie skuts is leerders van Laerskool Kragbron wat reeds op ʼn vroeë ouderdom by HGH ontwikkel word om van die beste skuts in die land te word.

Janece Diederiks, Edward van Greunen, Zander du Plessis en Amoré Diederiks is gekies vir die Mpumalanga o.12 span.

Dewald Louw, Karla Ackerman, Elandré du Preez en Chamari Barnard het plekke in die o.14 span losgeskiet.

Ethan Kruger, Gerhardus Liebenberg, Genevé Smith en Jané Louw is gekies vir die o.21 Mpumalanga-span.

Die leerders staan nie alleen in hulle prestasies nie, maar agter hulle is ook toegewyde ouers en personeel wat ure saam met hulle kinders oefen.

Die ouers het ook kragte saamgespan vroeër die jaar om die gimsaal by die skool op te knap en teikens en beligting geïnstalleer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button