NewsSchools

HTS skuts skiet raak

Tydens hierdie kompetisie, het die volgende skuts presteer in verskillende klasse en ouderdomsgroepe.

Skuts van die Hoër Tegniese Skool het aan die Nkangala streekfinaal in Middelburg deelgeneem.

Dit was op 19 en 20 Julie, en hulle het kompeteer teen HTS Middelburg, Hoërskool Generaal Hertzog, Middelburg Hoërskool en Ben Viljoen Hoërskool.

Tydens hierdie kompetisie, het die volgende skuts presteer in verskillende klasse en ouderdomsgroepe.

Vernon Oosthuizen het ’n tweede plek behaal in die o.21 sporterklas en Chantelle Wassenaar ’n derde plek. In die sporterklas o.16 het Mirilie Potgieter ’n tweede plek behaal.

Monique Urquahart het in die veerklas o.21 ’n eerste plek losgeskiet en JJ Harmse ’n tweede plek, met Liezl Rautenbach in derde plek.

Die veerklas o.16 het ewe goed presteer met Leon le Roux in eerste, Jeandre Rossouw tweede en Jaco le Roux in derde plek.

In die o.14 veerklas het Divan Potgieter van Laerskool Kragbron eerste plek verwerf, Niel de Wet tweede en Mikayla Bates derde.

In die o.21 pistoolklas vat Renate Viljoen tweede plek.

HTS se spanne het goed gevaar in spanverband, met die o.21 sporters wat ’n tweede plek verwerf het. Die span het bestaan uit Chantelle Wassenaar, Vernon Oosthuizen, Henry Fourie en Elri Bouwer.

Die o.16 sporters het ’n tweede plek verwerf met Marilie Potgieter, Kristian Snyman, Kyle Needham en Nichola Thomson in die span.

Die o.21 veerspan het ’n eerste plek verwerf en in die span is Leon le Roux, JJ Harmse, Monique Urquhart en Liezl Rautenbach.

Die o.16 veerspan het ook eerste geëindig met Jaco le Roux, Jeandre Rossouw, Stefan de Wet en Divan Potgieter wat vir hierdie span skiet.

Die o.21 pistoolskietspan het tweede plek verwerf met Renate Viljoen, Herman van Deventer en Jason Beukes. Die volgende kompetisie is die Mpumalanga finaal waar die skuts op uitnodiging sal deelneem.

Baie geluk aan al die skuts, julle maak HTS baie trots!

Back to top button