Lekker lag met Radio Raps

’n Lang storie kort... Die lewe is kort maar tog die langste ding wat jy ooit sal doen.

Wat is beter as ’n lekker lagsessie na ’n lang week?

Die inwoners van eMalahleni het behoorlik ’n lekker lagsessie gedurende ’n aand van komedie saam die alombekende Jonathan van Radio Raps op 27 Julie geniet.

’n Lang storie kort… Die lewe is kort maar tog die langste ding wat jy ooit sal doen.

Dit was waaroor die aand gegaan het, die erns van die lewe waaroor ons eintlik kan ontspan asook dinge wat ons oorsien waarop ons eintlik meer aandag kan gee.

Jonathan is nie gewild bloot omdat hy snaaks is nie, maar hy gebruik sy sin vir humor om menings oor lewensverwante en relevante sake te deel en dis wat hy vir die kykers gebied het by The Venue – The Ridge Casino.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version