NewsSchools

HGH netbalmeisies hou naam hoog

Die res van HGH se wedstryde het hulle gewen

Hoërskool Generaal Hertzog se eerste netbalspan was een van drie skoolspanne uit Mpumalanga wat deurgedring het na die topskole byeenkoms wat plaasgevind het by Hoërskool Dr. E.G. Jansen in Boksburg vanaf 18 tot 21 Julie.

HGH, Ligbron Akademie en HTS Middelburg was die drie Mpumalanga skole wat tydens die Mpumalanga kampioenskappe gekwalifiseer het om as top drie skole in die provinsie uitgenooi te word na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Daar was 39 onder 19 spanne wat deelgeneem het vanuit nege provinsies en HTS Middelburg het hier met pragtige netbal ʼn 18de plek behaal terwyl Hoërskool Generaal Hertzog se eerstespan 23ste geëindig het. Ligbron Akademie was 26ste.

Die Hertzog meisies het teen gedugte teenstanders te staan gekom. Van die top skole in Suid-Afrika het hier gespeel en HGH moes die knie buig teen Hoërskool Kempton Park, Paarl Gimnasium, Hoërskool Framesby en Heuwelkruin.

Die res van HGH se wedstryde het hulle gewen.

Meisies wat uitgestaan het met hulle goeie spel in die verskeie wedstryde was Hope Sibiya, Lydia Wilsenach, Mpho Singo, Judy Mojela, Shani Thomas en Lethabo Radingoane.

Die manjifieke maroen se netbalmeisies het hierdie jaar vroeg reeds begin met ʼn vasberadenheid om die beste te wees en hulle het hier bewys dat hulle die beste onder 19 span in Emalahleni is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button