OPVOLG: Padwoede-aanval – Potgieter uit teater

Hulle het die bakkie waarin Potgieter en sy vrou, Santie gery het, verskeie kere gestamp en hulle aangerand

Mnr. Willem Potgieter is uit die teater en volgens sy broer, mnr. Lourens Potgieter het die operasie goed afgeloop.

Potgieter moet verskeie gesig-rekonstruksie ondergaan nadat hy op 20 Julie vir ongeveer 45-minute lank deur ’n groep mans aangeval is nadat hy vir hulle toeter geblaas het toe hulle glo oor ’n rooi verkeerslig gery het.

Hulle het die bakkie waarin Potgieter en sy vrou, Santie gery het, verskeie kere gestamp en hulle aangerand.

Die egpaar was omstreeks 21:15 op pad terug huis toe in Tasbetpark nadat hulle gaan uiteet het by ’n plaaslike restaurant, toe die voorval plaasgevind het.

Hanno Bierman (30), Pieter de Beer (29) en Hannes Viljoen (28) het Dinsdag 23 Julie in Witbank Landdroshof verskyn op ’n klag van poging tot moord wat teen hulle ondersoek word.

Hulle is op R10 000 elk borg vrygelaat.

“Willem was Vrydag in teater en ook vroeg vanoggend. Hy is stabiel,” het me. Potgieter gesê.

LEES ANDER BERIG: Volledige storie: Drie in hof na padwoede aanval https://www.citizen.co.za/witbank-news/133690/volledige-storie-drie-hof-na-padwoede-aanval/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version