Local newsNews

Beroof van geld en skoene

Die sake word tans steeds deur die polisie ondersoek

Twee sake is geopen by die Witbank Polisiestasie nadat inwoners van die stad slagoffers van misdaad was.

Op 20 Julie was ’n man op die snelweg onderweg na eMalahleni toe ’n voertuig hom verbysteek.

Hy het pad gemaak vir die voertuig, maar die passasier het ’n vuurwapen op hom gerig, deur die voertuig se venster.

Die slagoffer is beveel om te stop, waar verdagtes in sy voertuig geklim het en hom begin deursoek het.

Na die verdagtes niks waardevol in sy besit gevind het nie, is die slagoffer beveel om in die Delmas-rigting te ry.

Hy is daarna beveel om uit sy kar te klim en die verdagtes is weg met sy beursie en ’n onbekende bedrag geld.

Omstreeks 04:30 op 18 Julie het ’n man by die Middelburg tolhek in sy kar geslaap toe hy van sy Nike skoene beroof is.

Die slagoffer het aan die polisie vertel dat hy wakker geword het van iemand wat aan sy karvenster klop, ’n geweer op hom gerig en sy skoene van sy voete af gesteel het.

Die sake word tans steeds deur die polisie ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button