Local newsNews

Huisrooftogte steeds ’n groot kommer

Nog twee huisrowe het die afgelope week plaasgevind in eMalahleni

Rowers het hul kloue in vir weerlose teikens as dit kom by huisrooftogte.

Nog twee huisrowe het die afgelope week plaasgevind in eMalahleni.

Op Saterdag 15 Junie het vier booswigte glo met geweld by ’n inwoner in Hoëveldpark se tuiste ingebreek en hom aangehou met wapens.

Dit word beweer dat die rowers deur ’n venster toegang verkry het en die slagoffer oorval het in sy slaapkamer.

Hulle het aangedring op verskeie items soos selfone, kontant en verskeie elektroniese items.

Die rowers het op vlug geslaan toe bure die sekuriteitmaatskappy in kennis gestel het.

In die ander voorval het drie rowers ’n ma en haar dogter glo ingewag by hul tuiste in Reynorif.

Die rowers het die slagoffers aangehou en gedreig met ’n mes.

Hulle het van die toneel gevlug met beide slagoffers se selfone en ’n televisie.

Niemand het seergekry in die voorval nie.

Nie een van die slagoffers was bereid om kommentaar te lewer nie.

Die verdagtes is steeds op vrye voet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button