Drie verskyn vroeg in Julie na mesdood

Fourie is tydens die bakleiery noodlottig gesteek

Die drie verdagtes wat op borg uit is na die moord op Johan Fourie sal oor twee weke weer in Kriel Landdroshof verskyn.

Die drie beskuldigdes se saak is tot 3 Julie uitgestel. Hulle is gearresteer na die mesdood van Fourie op 30 April.

Fourie het daardie aand 23:30 by die geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop.

Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het.

Die materiaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder handskud.

Mnr. David Mokoena wat saam met Fourie gewerk het, het gesien toe ’n wit Volkswagen Polo stop en die mense uit die motor klim en met Fourie begin baklei.

Hy het probeer om sy vriend te beskerm deur oor hom te buk.

Mokoena is sewe keer raak gesteek tydens die voorval.

Fourie is tydens die bakleiery noodlottig gesteek.

“Dis nog baie seer. Die dag toe Johan vermoor is, is ’n deel uit ons harte geruk,” het mnr. Chris Radley, Fourie se pa gesê.

LEES: Man doodgesteek na onderonsie https://www.citizen.co.za/witbank-news/128207/man-doodgesteek-na-onderonsie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version