HGH regeer die netbalbaan

Die speler van die wedstryd was Makomborero Betsva

Hoërskool Generaal Hertzog het die 2019 netbalseisoen gedomineer met uitstekende sportmangees en nog beter taktiese en fisiese spel.

Die netbalmeisies van HGH het hulle segetog reeds op 4 April begin met wedstryde teen Hoër Tegniese Skool Witbank waar hulle met goeie tellings feitlik alle wedstryde gewen het. Die wentelling van 29-13 vir die HGH eerstespan teen HTS was die opening van ’n fantastiese wenkultuur by Hertzog.

Na ’n baie besige en suksesvolle veldtog gedurende die liga het die netbalspanne van HGH by die uitspele wat plaasgevind het in die Laeveld vanaf 31 Mei tot 2 Junie weereens gewys van watter stoffasie hulle gemaak is.

Vrydag 31 Mei het die o.14 meisies teen Penryn gespeel en het hulle 14-7 gewen.

Die speler van die wedstryd was Makomborero Betsva.

Die onder 14A meisies speel in die semifinaal teen Hoërskool Oosterland en wen 20-2.

Die speler van die wedstryd was Owami Nkosi. Hulle speel in die finaal uit vir posisie 11 en 12 maar moes na growwe, fisiese spel die knie buig teenoor HTS as gevolg van beserings. Vier uit die sewe Hertzog meisies doen beserings op tydens hierdie growwe wedstryd. Die speler van die wedstryd was Makomborero Betsva.

Die magtige maroen eerstespan speel op Vrydag 31 Mei teen Lowveld High en wen hulle 35-14.

Die speler van die wedstryd was Lydia Wilsenach.

Saterdagoggend skop hulle die eerste ronde af met ʼn wen teen Hoërskool Ermelo met 31-25. Die speler van die wedstryd was Lethabo Radingoane.

Die laaste poelwedstryd is gespeel teen Hoërskool Lydenburg en Hertzog wen 29-24. Die speler van die wedstyd was Judy Mojela.

HGH se eerstespan dring deur na die kwarteindronde, speel teen Hoërskool Middelburg en wen hulle 34-21.

Die speler van die wedstryd was Hope Sibiya.

Die magtige maroen speel die semifinale ronde teen Hoërskool Ligbron en na ’n baie moedige geveg verloor hulle 24-28.

Die speler van die wedstryd was Mpho Singo.

HGH speel dus uit vir posisie 3 en 4 in die finaal teen Hoërskool Nelspruit en verloor 24-35.

Die speler van die wedstryd was Hope Sibiya.

Die HGH eerstespan dring dan ook deur na Top Schools toe waar hulle te staan sal kom teen topskole van ander provinsies.

Die magtige maroen skool speel die ander skole skoon stil in die skildfinaal.

HGH onder 16A kom te staan teen HTSW en wen gemaklik met 13-6.

HGH is ongelooflik trots op hulle onder 16 dogters wat met fantastiese sportmangees 3 van hulle 6 wedstryde by die Mpumalanga Skole Netbal Kampioenskappe gewen het.

Hoërskool Generaal Hertzog is een van min skole waar waardes soos integriteit op die sportveld sowel as langs die sportveld uitgeleef word.

Hertzog speel waarlik mooi, goeie, skoon netbal vanuit die hart, selfs wanneer hulle teen ʼn span te staan kom waar net die fisiese sy van skolesport belangrik is.

Dis presies by die harte van die meisies waar die Hertzog wenkultuur gekweek word.

Exit mobile version