HGH rugby staan sterk teen Standerton

In hierdie wedstryd was Fans Putter die man van die wedstryd.

Hoërskool Generaal Hertzog het kragte gemeet met Hoërskool Standerton op die rugby- en hokkievelde.

Dit het op Saterdag 18 Mei plaasgevind.

Hertzog se rugbymanne het hulle staal gewys en hulle man gestaan teen ’n gedugte teenstander.

Die eerste rugbyspan het gelykop gespeel met 31-31 in ’n naelbytwedstryd wat net-net te kort was vir HGH om nog ’n keer punte aan te teken.

In hierdie wedstryd was Fans Putter die man van die wedstryd.

Theuns van der Merwe (eerstespan).

Ander spanne wat baie goed gevaar het en hulle wedstryde gewen het, was die tweede span met ’n wentelling van 22-19 en die onder 16 A-span wat gewen het met 34-19.

Die man van die wedstryd by die o.16 seuns was Njabulo Nkosi wat altesaam vyf drieë gedruk het.

Hertzog is ook baie trots op hulle onder 14 rugbyseuns wat weereens onder leiding van afrigters Xander Broekman en Gerhard van Rooyen geseëvier het.

Hierdie seuns het ’n goeie seisoen gehad en HGH sien uit om hulle verder in hulle hoërskoolloopbaan te ondersteun.

Die man van die wedstryd by die ondr 14 A-span was Schalk Nieuwenhuis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version