Local newsNews

Nόg ’n ongeluk op die N4-snelweg

’n Man onderweg in ’n maatskappy-bakkie het teen ’n stilstaande trok in die rigting na Middelburg, vasgery.

Veelvuldige padongelukke in en om die stad die afgelope tyd het sy tol geëis.

’n Ongeluk op die N4-snelweg op Vrydag, 3 Mei het ’n lewe geëis.

’n Man onderweg in ’n maatskappy-bakkie het teen ’n stilstaande trok in die rigting na Middelburg, vasgery.

Mnr. Willem du Plessis, hoof finansiële beampte van die maatskappy het gesê: “Die man was op pad huis toe van die werk af op die snelweg en het teen ’n trok vasgery. Die trok het in die pad stilgestaan, maar die werknemer het geen blywende letsels opgedoen nie en is reeds uit die hospitaal ontslaan.”

Volgens ’n polisieverslag het die bestuurder van die trok glo op die snelweg gestop om water vir die voertuig te kry.

Die ongelukstoneel op die N4-snelweg op Vrydag, 3 Mei.

Een van die passasiers het toe glo uit die trok geklim en voor die trok gaan sit terwyl hulle wag.

Met die impak van die botsing het die trok glo vorentoe beweeg en het bo-oor die vrou gery wat voor die trok gesit het. Die vrou is op die toneel dood verklaar.

Die ander passasier van die trok is ernstig beseer en na die hospitaal geneem.

’n Saak van strafbare manslag is geopen by Witbank Polisie en word ondersoek.

Die oorledene is nie uitgeken voor druktyd nie.

ALSO READ:

WARNING ON N4 HIGHWAY: Accident claims three lives

Condolences to families after accident

Check Also
Close
Back to top button