Local newsNews

Worsrol- en pannekoekdag deur Helpende Hand

Ons Koskas se doel is om goedgekeurde behoeftige gesinne te help met kospakkie vir drie maande lank.

Die vars reuk van worsrolle en pannekoek het van vroegoggend af die lug gevul en die reuk kon gevolg word tot voor Ons Winkel.

Op Saterdag 4 Mei het Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak ’n fondsinsameling gehou deur worsrolle en pannekoek te verkoop.

Fondse wat ingesamel is deur die projek word aangewend om Ons Koskas aan te vul.

Annetjie Lombaard, Maryna Viljoen, Lenie Swan, Sonja Bester, Michelle Viljoen, Mari Needham, Erika Dos Santos, Saartjie van der Nest, Alta Lourens en Hester van Schalkwyk.

Ons Koskas se doel is om goedgekeurde behoeftige gesinne te help met kospakkie vir drie maande lank.

Hulle kry een pakkie elke maand vir die drie maande.

Ons Koskas word aangevul deur skenkings van die publiek en deur enige iemand wat bereid is om ’n bydrae te lewer.

Annetjie Lombaard.

“Ons is totaal afhanklik van skenkings van die publiek vir die pakkies en die pakkies bestaan uit skoonmaakmiddels, toiletware, blikkieskos en natuurlik as ons het, vars vrugte en groente, asook vleis indien daar is. Indien jy wou betrokke raak by Ons Winkel, Ons Koskas of selfs by Helpende Hand, moet nie huiwer om ons enige tyd te kontak nie. Ons sal ’n ondersteunersvorm aanstuur wat dan voltooi moet word,” het Michelle Viljoen gesê.

“Indien daar enige skenkings is vir Ons Winkel, Ons Koskas of net oor die algemeen, kontak ons gerus of besoek Ons Winkel in die Wersea Sentrum agter Fruit & Veg.”

Die span wil graag vir Charl by OK bedank vir broodrolle wat hulle geskenk het en Leeuwpoort Koelkamers vir die worsskenking.

Mari Needham.

“Ons is dankbaar vir elke liewe skenking wat ons ontvang, hetsy dit in die vorm van ’n donasie van kos, klere of in enige vorm is. Ons is totaal afhanklik van skenkings, dit is wat Helpende Hand aan die gang hou, asook Ons Winkel. Ons waardeer elke liewe skenking, hoe groot of klein,” het Michelle bygevoeg.

Ten slotte het sy gesê dat Helpende Hand Witbank-tak, die gemeenskap wil bedank vir die feit dat hulle altyd inkoop in die projekte en altyd bereid is om te help en skenkings te maak.

“Die dorp se mense is baie goed vir ons.”

Back to top button