OPVOLG: Wat nou, na Maryka se dood?

Daar ’n Facebook-blad gestig ‘Justice For Maryka Bezuidenhout Kleinhans’ waarin daar gereeld huldeblyke aan haar gebring word

Sosiale media is steeds aan die gons na die dood van Maryka Bezuidenhout (31) in Januarie vanjaar.

Daar ’n Facebook-blad gestig ‘Justice For Maryka Bezuidenhout Kleinhans’ waarin daar gereeld huldeblyke aan haar gebring word.

Haar dood hang steeds soos ’n donker wolk om haar geliefdes, want daar is steeds soveel onbeantwoorde vrae.

“Ek wil net weet hoe my kind dood is. Ek en my vrou wroeg elke dag hiermee, ons kan nie ‘closure’ kry nie,” het ’n desperate mnr. Johan Bezuidenhout, Maryka se pa gesê.

Maryka se liggaam is Sondag 27 Januarie omstreeks 21:38 langs die N11 (Loskopdampad) naby Kranspoort gevind.

Volgens die polisieverslag het sy ernstige hoofbeserings opgedoen en wonde aan haar skouers en knieë gehad.

Die saak is aan die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) gegee nadat dit aan die lig gekom het dat Maryka in die geselskap van kapt. Awie Geldenhuys van Witbank Polisiestasie was kort voor haar ontydige dood.

OPOD is op 28 Maart genader om te verneem hoe ver die ondersoek is, maar die woordvoerder, mnr. Moses Dlamini het gesê dat hul steeds wag vir die tegniese verslag.

WITBANK NUUS het weer Maandag 29 April navrae aan Dlamini gestuur om te hoor of daar al vordering in die ondersoek is, maar hy het slegs gesê dat die saak steeds ondersoek word.

Een van die roerende boodskappe op die huldeblyk facebook-blad, wat deur Maryka se suster geskryf is, begin as volg: “Today marks 3 months…3 months since your beautiful soul left us. The pain of knowing we will never see you, hear your infectious laugh, feel your hugs and kisses or hear your beautiful voice again, is too much to handle. Just the thought is unbearable. We have to live this nightmare every single day for the rest of our lives…”

LEES MEER:  ‘Hoe is ons dogter dood op die N11?’ https://www.citizen.co.za/witbank-news/120258/hoe-ons-dogter-dood-op-die-n11/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version