Local newsNews

As jou gedagtes wegglip

Demensie is die oorkoepelende term wat gebruik word vir siektes wat die kognitiewe funksies van die brein aantas

Meeste mense assosieer Altzheimer se siekte of demensie met ouderdom, maar verstaan nie regtig wat hierdie toestande behels nie.

Demensie is die oorkoepelende term wat gebruik word vir siektes wat die kognitiewe funksies van die brein aantas.

Die verlies van geheue, algemene intelligensie, die vermoë om te leer, taalgebruik, probleemoplossing, oriëntasie, persepsie, aandag en konsentrasie is kenmerkend. Werks- en sosiale funksionering gaan ook agteruit.

Solidariteit Helpende Hand Witbank is besig met ’n projek om Altzheimer-kombersies en -vroetelbordjies te maak.

’n Altzheimer-kombersie.

Die bordjies hou manlike Altzheimer-pasiënte vir ure besig terwyl vroulike Altzheimer-pasiënte weer ure aaneen met die voorwerpe wat aan hul kombersies vasgewerk is, speel.

Jy kan betrokke raak deur vir ons al jou stukkende slotte, sleutels, boute en moere en dies meer of knope, krale, ritssluiters en allerlei met verskillende teksture by Ons Winkel in die Wersea Gebou agter Fruit & Veg af te laai.

Jy kan selfs ook dié kombersies en vroetelbordjies maak en kom afgee.

Solidariteit Helpende Hand Witbank versprei dan die kombersies en vroetelbordjies aan Altzheimer pasiënte.

Ons Winkel kan gekontak word by 082 891 9098.

Back to top button