HTS spog met skoonhede

Die skoonhede het op die verhoog in hul beste gewaad gestap, almal vir een doel – Om die eienaar van daardie kroon te wees vir 2019

Die Hoër Tegniese Skool het hul jaarlikse mnr. en mej. Tegnies gekroon wat weereens ’n spoggeleentheid was.

Die skoonhede het op die verhoog in hul beste gewaad gestap, almal vir een doel – Om die eienaar van daardie kroon te wees vir 2019.

Die aand het talle ouers baie trots gehad op Dinsdag, 16 April, maar dit was Quinton Fourie en Daniella Biela wat dié skool vir die volgende jaar gaan verteenwoordig.

Mnr. en mej. Tegnies vir 2019 is Quinton Fourie en Danielle Biela.

Die eerste prins is Thapelo Robert Junior Phalamohlaka en die eerste prinses is Ntokozo Nkosi.

Luan van den Heever was as mnr. junior Tegnies gekroon en mej. junior Tegnies is Anè Vorster.

Exit mobile version