MunicipalNews

Water is ‘onbadbaar’ en onbruikbaar

Die water wat uit die krane vloei en soos steenkool lyk het inwoners raadop

Die water in die Steenkoolstad is al vir ’n geruime tyd in die nuus, en dit word geensins beter nie.

Die water wat uit die krane vloei en soos steenkool lyk het inwoners raadop.

Me. Anneke Basson het foto’s van die byna swart water wat uit die kraan kom op Woensdag 24 April geneem in Beitstraat.

“Ek het gegaan vir ’n operasie en moet in soutwater bad, elke ses ure vir die genesing van my wonde. Ek kan nie in dié water bad nie! Dit kos my nou ’n fortuin om water te koop dan moet ek dit kook om in dit te kan bad,” het sy Woensdagoggend gesê.

“Daar is ’n mangat onder die brug in Beitstraat wat blyk of dit oopgebars het. Die ontlasting en toiletpapier dryf daar rond, is dit dan wat in ons water ronddryf? Die water lyk al so sedert Maandag.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button