NewsSchools

Bloues se hokkie is vuurwarm

Die manne in blou het hulle skool goed verteenwoordig en twee uit die drie wedstryde gewen

Die Hoër Tegniese Skool se hokkiespanne het teen Hoërskool Noordheuwel kragte gemeet.

Dit het op 5 en 6 April plaasgevind en dit was voorwaar bobaashokkie.

Die manne in blou het hulle skool goed verteenwoordig en twee uit die drie wedstryde gewen.

Die o.14 seuns het vir Hoërskool Noordheuwel met ’n skitterende 3-0 gewen.

Wehann van Sittert en Danté Murray was verantwoordelik vir die wendoele.

Die o.16-span het ’n wedstryd en half gehad en hulle moes hulle man behoorlik staan.

Die bobaasbloues het hard terug baklei en daarin geslaag om twee minute voor die eindfluitjie blaas ’n doel teen Noordheuwel aan te teken, die bobaasspan wen Noordheuwel 1-0.

HTS Witbank se eerstes het ongelukkig vasgeval, maar steeds goeie selfdissipline, uithouvermoë en sportmangees gewys.

HTS Witbank speel die naweek in die NWU-kwartfinaal en sien met groot verwagting uit na goeie uitslae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button