Local newsNews

Man bewusteloos geslaan tydens roof

’n Saak van gewapende roof is by die Witbank Polisie aanhangig gemaak na ’n rooftog die afgelope naweek

’n Man is bewusteloos geslaan tydens ’n rooftog.

’n Saak van gewapende roof is by die Witbank Polisie aanhangig gemaak na ’n rooftog die afgelope naweek.

Die slagoffer het aan die polisie vertel dat hy by ’n bank was en daarna na ’n nabygeleë winkelsentrum gery het.

Hy het verder aan die polisie vertel dat vier mans hom aangeval het en glo musiek gehoor wat hy herken het.

Hy het verduidelik dat hy dié spesifieke musiek ook by die bank gehoor het, vermoedelik vanuit ’n voertuig wat dieselfde tyd as hy by die bank was voor die rooftog by die winkelsentrum.

Die verdagtes het glo ’n vuurwapen uitgehaal en die slagoffer daarmee geslaan.

Die voertuig is deursoek, waarna twee selfone gevat is en die verdagte was glo bewusteloos vir ’n rukkie.

Hy het verder gesê dat toe hy sy bewussyn herwin, dat die verdagte mans reeds weg was.

Lede van die SACCW (South African Community Crime Watch) asook die Gemeenskapspolisieërinsforum was by die toneel vir bystand.

Die saak word tans steeds ondersoek deur die Witbank Polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button