Tuinskool bespreek bietjie winterblomme

Om meer blomme in jou wintertuin te bekom

Met winter om die draai het die tuinskool die onderwerp van winterblomme gedek.

Om meer blomme in jou wintertuin te bekom, is ’n paar noodsaaklike reëls nodig om te volg, aldus die lede by die Tuinskool.

Hulle het die volgende wenke gedeel:

*Berei jou grond voor, voor einde Maart en plant jou saailinge voor middel April.

*Werk ten minste twee sentimeter se goeie kompos in die grond, gee dan ook ’n koppie vol se ‘seedling food’ per vierkante meter en gooi ook erdwurmkompos oor die grond vir verkryging van ’n lewendige grond.

*Laat lê die bedding klam vir twee weke voordat jy saailinge plant en gee dan elke twee weke ’n bietjie ‘Nitrosol’ water op die grond om die groeikrag die eerste maand te stimuleer.

*Die plantjies wat nou gesaai kan word vir massa blomme in die middel van die winter, is pansies, violas, primulas, poppies, stocks, grasangeliere, ensovoorts.

*Dit is beter om hangmandjies en potte te plant vir die winter, want die grond daarbinne word nie so koud as dit ryp nie. Maar om die grond warmer te maak, kan vulkaniese rotspoeiers gebruik word.

Exit mobile version