HTS Groentjies gewortel in waardes

Soos bome wat blare wissel, sal elke leerder nog vele seisoene in hul lewens deurgaan, soms gaan dit ook nodig wees om van die takke te snoei

Die Hoër Tegniese Skool se graad 8-leerders is tydens ’n baie spesiale geleentheid amptelik in die bobaasblouskool verwelkom.

Dit het op Donderdag 14 Maart plaasgevind.

Die bloues se graad 8-leerders het hul hoërskoolloopbaan as groentjies begin, jong boompies wat in die laaste paar weke ongelooflik gegroei het.

Met ’n afdruk van hul duim het elke leerder onderneem om HTS se gedragskode en waardes te onderhou.

Viaan Stiemie.

Soos bome wat stewig gewortel is, sal hierdie leerders in ons skool se waardes gewortel staan.

Met ’n stywe handdruk van ons hoof, me. Lienie Botha, is elke leerder amptelik by die bobaasblouskool verwelkom.

Soos bome wat blare wissel, sal elke leerder nog vele seisoene in hul lewens deurgaan, soms gaan dit ook nodig wees om van die takke te snoei.

Ons gebed vir elke graad 8-leerder is die volgende: Mag jy nog baie groei, stewig gewortel in goeie waardes, mag jy goeie vrugte dra en soos ʼn boom wees wat heerlike koelte gee, mag die Here jou elke tree van jou lewe behoed en bewaar en mag Sy seën in oorvloed elke dag oor jou reën.

Nomusa Ngwenya.

Baie geluk aan elke graad 8-leerder wat op 14 Maart hul geel beffie opgehang het.

Baie welkom by die bobaasbloues, mag die volgende vyf jaar onvergeetlik wees.

Gryp elke geleentheid aan en benut elke sekonde.

Baie dankie aan al die betrokke uitvoerende raadslede, ouers en personeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version